Ons, KAI OS TECHNOLOGIES (HONG KONG) LIMITED (hierna na verwys as “ons” of “Kai”) respekteer jou kommer oor privaatheid. Hierdie privaatheidsbeleid verduidelik ons beleide en prosedures in verband met persoonlike en ander inligting oor ons klante. Ons beoog om jou op jou gemak te plaas en dat jy vertroue sal hê in hoe ons persoonlike en ander inligting insamel, gebruik, bekend maak en beskerm – dit wat ons insamel of wat jy aan ons verskaf.  Hierdie privaatheidsbeleid van KaiOS (“privaatheidsbeleid”) verduidelik ook hoe jy ons kan kontak indien jy enige vrae of kommer oor jou persoonlike inligting het.

Omvang

Hierdie privaatheidsbeleid beskryf ons beleid en prosedures in besonderhede in verband met die insameling, gebruik en bekendmaking van inligting wat ons deur ons webwerwe, sagtewaretoepassings, blaaie op sosiale media,  en e-posboodskappe insamel, asook deur jou aankoop en gebruik van ons produkte of dienste, of persoonlike inligting wat jy andersins aan ons verskaf.

Deur persoonlike inligting aan ons te verskaf, toegang tot ons webwerf te verkry of deur ons produkte of dienste te gebruik, erken jy dat jy hierdie privaatheidsbeleid gelees het en dit verstaan, en dat jy tot die bepalings en voorwaardes van hierdie privaatheidsbeleid ingestem het.

Ons doen alle stappe wat redelik nodig is om te verseker jou persoonlike inligting word veilig in ooreenstemming met hierdie privaatheidsbeleid en toepaslike wetgewing geberg en verwerk.

Die persoonlike inligting wat ons insamel

Hierdie privaatheidsbeleid geld vir persoonlike inligting, wat inligting is wat gebruik kan word om ’n enkele persoon te kontak of te identifiseer.

Ons samel inligting in wat jy aan ons gee. Ons ontvang enige inligting en berg dit veilig wanneer jy ’n rekening-ID skep, ons produkte of dienste aankoop, ’n sagtewarebywerking aflaai, ons kontak of aan ’n aanlyn opname deelneem.

Ons samel inligting outomaties in. Ons ontvang en berg sekere tipes inligting wanneer jy ook al met ons kommunikeer.

Ons samel inligting in wat in jou e-poskommunikasie met KAI gebruik word. Om ons te help om e-posse nuttiger en interessanter te maak, ontvang ons dikwels ’n bevestiging wanneer jy e-pos van ons e-inkopiewebwerf oopmaak indien jou toestel sulke vermoëns het. Ons vergelyk ook ons klantelys met lyste wat van ander maatskappye ontvang word in ’n poging om onnodige boodskappe aan ons klante te stuur.

Ons samel inligting uit ander bronne in. Ons kan moontlik inligting oor jou van ander bronne ontvang wat behoorlik gemagtig is deur jou om sodanige inligting aan derde partye oor te dra, en ons voeg dit tot ons rekeninginligting by.

Hoe ons jou persoonlike inligting gebruik

  • Die persoonlike inligting wat ons insamel, laat ons jou op hoogte hou van ons jongste produkaankondigings, sagtewarebywerkings en komende gebeure. Indien jy nie op ons poslys wil wees nie, kan jy enige tyd uitteken deur jou voorkeure by te werk.
  • Ons gebruik ook jou persoonlike inligting om ons produkte, dienste, inhoud en reklame te help skep, ontwikkel, bedryf, lewer en verbeter om deurlopend jou gebruikerservaring te verbeter.
  • Ons kan moontlik jou persoonlike inligting gebruik om op jou navrae te reageer en aan jou versoeke te voldoen.
  • Ons kan moontlik persoonlike inligting, waaronder geboortedatum, gebruik om identiteit te verifieer, te help met die identifikasie van gebruikers en om gepaste dienste te bepaal. Ons kan moontlik byvoorbeeld geboortedatum gebruik om die ouderdom van gebruikersrekeninghouers te bepaal.
  • Ons kan moontlik van tyd tot tyd jou persoonlike inligting gebruik om belangrike kennisgewings te stuur, soos kommunikasie oor aankope en wysigings aan ons bepalings, voorwaardes en beleide. Jy mag nie uitteken uit die ontvangs van hierdie kommunikasie nie omdat hierdie inligting belangrik vir jou interaksie met ons is.
  • Ons kan persoonlike inligting moontlik ook vir interne doeleindes gebruik, soos ouditering, data-analise en navorsing om ons produkte, dienste en kommunikasie met klante te verbeter.

Insameling en gebruik van niepersoonlike inligting

Ons kan moontlik ook inligting insamel wat alleenstaande nie direkte verband met enige spesifieke individu hou nie.  Ons kan moontlik niepersoonlike inligting vir enige doel insamel, gebruik, oordra en bekend maak. Hier is ’n paar voorbeelde van niepersoonlike inligting wat ons moontlik kan insamel:

  • Niepersoonlike data soos taal, unieke toestelidentifiseerder, verwyser-URL, ligging en die tydsone waar een van ons produkte gebruik word sodat ons die gedrag van klante beter kan verstaan en ons produkte, dienste en reklame kan verbeter.
  • Niepersoonlike data in verband met die aktiwiteite van klante op ons webwerf, wolkdienste of die toepassingswinkel, en van ons ander produkte en dienste. Hierdie inligting word saamgevoeg en gebruik om ons nuttiger inligting aan ons klante te help verskaf en om te verstaan watter dele van ons webwerf, produkte en dienste die meeste belangstelling lok. Vir die doel van hierdie privaatheidsbeleid word hierdie tipe data as niepersoonlike inligting beskou.
  • Besonderhede van hoe jy ons dienste gebruik, waaronder soeknavrae, kan moontlik gebruik word om die relevansie te verbeter van resultate wat deur ons dienste verskaf word. Buiten in beperkte gevalle om die gehalte van ons dienste oor die internet te verseker sal sodanige inligting nie met jou IP-adres verbind word nie.
  • Met jou toestemming kan ons moontlik data insamel oor hoe jy jou toestel en toepassings gebruik om toepassingontwikkelaars hul toepassings te help verbeter.

Indien ons niepersoonlike inligting met persoonlike inligting kombineer, sal die gekombineerde inligting as persoonlike inligting gehanteer word vir so lank as dit gekombineer bly.

Koekies en ander tegnologieë

Ons webwerwe, aanlyn dienste, interaktiewe toepassings, e-posboodskappe en advertensies kan moontlik “koekies” en ander tegnologieë gebruik. Hierdie tegnologieë help ons om gebruikersgedrag beter te verstaan, vertel ons watter dele van ons webwerwe mense besoek het en vergemaklik en meet die doeltreffendheid van reklame en websoektogte. Ons behandel inligting wat deur koekies en ander tegnologieë ingesamel word as niepersoonlike inligting. In die mate waarin IP-adresse of soortgelyke identifiseerders egter deur plaaslike wetgewing as persoonlike inligting beskou word, behandel ons ook hierdie identifiseerders as persoonlike inligting. In die mate waarin niepersoonlike inligting met persoonlike inligting gekombineer word, behandel ons eweneens vir die doeleindes van hierdie privaatheidsbeleid die gekombineerde inligting as persoonlike inligting.

Kai en ons vennote gebruik ook koekies en ander tegnologieë om persoonlike inligting te onthou wanneer jy ons webwerf, aanlyn dienste en toepassings gebruik. Ons doel in hierdie gevalle is om jou ervaring met Kai geriefliker en meer persoonlik te maak. Deur byvoorbeeld te weet iemand wat jou rekenaar of toestel gebruik, het vir ’n sekere produk inkopies gedoen of ’n spesifieke diens gebruik, help ons om ons reklame en e-poskommunikasie meer relevant tot jou belangstellings te maak.

Jy kan moontlik jou blaaier konfigureer om alle koekies te aanvaar, alle koekies te verwerp of om jou in kennis te stel wanneer ’n koekie gestuur word. Elke blaaier is anders. Gaan dus die “Help”-kieslys van jou blaaier na om uit te vind hoe om jou koekievoorkeure te wysig.

In sommige van ons e-posboodskappe gebruik ons ’n “deurklik-URL” wat aan inhoud op ons webwerf verbind is. Wanneer klante op een van hierdie URL’e klik, gaan hulle deur ’n afsonderlike webbediener voordat hulle die bestemmingsblad op ons webwerf bereik. Ons speur hierdie deurklikdata na om te help bepaal of daar belangstelling in spesifieke onderwerpe is en om die doeltreffendheid van ons kommunikasie met klante te meet. Indien jy verkies om nie op hierdie manier nagespeur te word nie, moet jy nie op teks of grafiese skakels in die e-posboodskappe klik nie.

Deel ons die inligting?

Ons deel nie persoonlike inligting met maatskappye, organisasies en individue buite Kai nie, tensy een van die volgende omstandighede geld. Kai kan moontlik persoonlike inligting met jou toestemming deel.

Ons kan moontlik persoonlike inligting aan ons affiliate bekend maak wanneer dit nodig is om dienste namens jou of ons uit te voer.

Ons werk saam met maatskappye en individue om funksies namens ons uit te voer. Voorbeelde sluit in die vervulling van bestellings, die aflewering van pakkette, die stuur van gewone pos en e-pos, die verwydering van herhalende inligting op klantlyste, die ontleding van data, die verskaffing van bemarkingshulp, die verskaffing van soekresultate en -skakels (waaronder betaalde noterings en skakels), die verwerking van kredietkaartbetalings en die verskaffing van klantediens. Hulle het toegang tot persoonlike inligting wat nodig is om hul funksies uit te voer, maar mag dit nie vir ander doeleindes gebruik nie.

Ons sal persoonlike inligting met organisasies of individue buite ons organisasie deel indien ons oortuig is dat toegang, gebruik, bewaring of bekendmaking van die inligting redelik nodig is om:

  • te voldoen aan enige toepaslike wetgewing, regulasie, regsproses of toepasbare staatsversoek;
  • bedrog, sekuriteits- of tegniese probleme te bespeur, voorkom of op ’n ander manier te hanteer;
  • die regte, eiendom of veiligheid van ons gebruikers of die publiek teen kwaad te beskerm soos deur wetgewing vereis of toegelaat.

Sekuriteit en deursigtigheid

Ons sal probeer om alle redelike fisiese, tegniese en organisatoriese maatreëls te tref en prosedures te volg om persoonlike inligting te beskerm en te beveilig wat ons deur ons produkte, dienste en webwerf insamel.

Ons werk hard daaraan om ons maatskappy se reputasie en ons gebruikers te beskerm teen ongemagtigde toegang tot of ongemagtigde wysiging, bekendmaking of vernietiging van persoonlike inligting wat ons hou. In die besonder:

  • Ons hersien ons praktyke vir die insameling, berging en verwerking van inligting, waaronder fisiese sekuriteitsmaatreëls, om te waak teen ongemagtigde toegang tot stelsels;
  • Ons gebruik enkripsie waar dit gepas is;
  • Ons gebruik wagwoordbeskerming waar dit gepas is;
  • Ons beperk toegang tot persoonlike inligting tot ons werknemers, kontrakteurs en agente wat daardie inligting moet hê om dit vir ons te verwerk en wat aan streng kontraktuele vertroulikheidsverpligtinge onderhewig is. Hulle kan moontlik gedissiplineer word of hul kontrak kan moontlik beëindig word indien hulle nie hierdie verpligtinge nakom nie.

Hierdie maatreëls ontneem jou egter nie van die verpligting om gepaste stappe te doen om jou persoonlike inligting te bewaar en te beveilig nie, spesifiek deur nie voorspelbare gebruiker-ID’s of wagwoorde te gebruik nie; deur te verseker dat jy nie jou wagwoord(e) bekend maak of enige ander persoon toegang tot jou gebruikersrekening en jou persoonlike inligting verleen nie, asook enige ander gepaste beskermingsmaatreëls.

In verband met deursigtigheid is ons doel om oop te wees oor watter inligting ons insamel sodat jy keuses kan maak oor hoe dit gebruik word.

Indien jy jou persoonlike inligting deur een van ons webwerwe, dienste of produkte met ’n derdepartyrekening deel, soos Facebook, Google+ of Twitter, let asseblief daarop dat die privaatheid van jou persoonlike inligting onderskeidelik deur een van daardie derde partye bestuur sal word. Ons is nie verantwoordelik vir enige skade as gevolg van enige dataverlies, skade of wanaanwending wat moontlik op jou derdepartyprofiele kan voorkom waaroor ons geen beheer het nie.

Enige persoonlike inligting of inhoud wat jy vrywillig bekend maak terwyl jy ons webwerf, dienste of produkte gebruik en wat deur lede van derdepartytoepassings of -webwerwe (soos kletsareas of in boodskappe) gesien kan word, word in die openbaar sigbaar en kan deur ander ingesamel, bekyk en gebruik word. Jy is verantwoordelik vir die persoonlike inligting wat jy besluit om te deel of in te dien.

Kinders

Ons verstaan die noodsaaklikheid daarvan om bykomende voorkomingsmaatreëls te tref om die privaatheid en veiligheid van kinders te beskerm wat ons produkte en dienste gebruik. Dienooreenkomstig samel ons nie wetend persoonlike inligting in van kinders onder 13, of ’n ooreenstemmende minimum ouderdom in die relevante jurisdiksie, of gebruik dit nie of maak dit nie bekend sonder verifieerbare ouertoestemming nie. Indien ons daarvan bewus word dat ons persoonlike inligting van ’n kind onder 13, of ’n ooreenstemmende minimum ouderdom na gelang van die jurisdiksie, ingesamel het sonder om eers verifieerbare ouertoestemming te verkry sal ons so gou moontlik stappe doen om die inligting te skrap.

Wysigings

Ons privaatheidsbeleid kan moontlik van tyd tot tyd verander. Ons sal enige wysigings aan die privaatheidsbeleid op ’n webwerf plaas en indien die wysigings beduidend is, sal ons ’n meer prominente kennisgewing verskaf (waaronder, vir sekere dienste, e-poskennisgewing van wysigings aan die privaatheidsbeleid). Ons sal ook vorige weergawes van hierdie privaatheidsbeleid in ’n argief jou sodat jy dit kan deurgaan.

Die huidige weergawe is 30 Junie 2017 gedateer.

Behoud van persoonlike inligting

Ons hou jou persoonlike inligting vir ’n beperkte tydperk wat nodig is om aan die doelwitte te bereik soos in hierdie privaatheidsbeleid uiteengesit word, tensy ’n langer retensietydperk vereis of deur wetgewing toegelaat word en slegs vir die doeleindes wat hierbo gedefinieer word. Sodra die doelwit bereik is, word alle persoonlike inligting op ’n veilige manier geskrap.

Ligginggebaseerde dienste

Om ligginggebaseerde dienste op ons of ons vennote se produkte te lewer, kan Kai en ons vennote en lisensiehouers moontlik presiese liggingsdata insamel, gebruik en deel, waaronder die intydse geografiese ligging van jou toestel. Waar beskikbaar kan ligginggebaseerde dienste moontlik GPS, Bluetooth en jou IP-adres gebruik, tesame met skare-verkreë Wi-Fi-warmkol- en selfoontoringliggings, asook ander tegnologieë om jou toestelle se geskatte ligging te bepaal. Tensy jy toestemming verleen, word hierdie liggingsdata anoniem ingesamel in ’n vorm wat jou nie persoonlik identifiseer nie en word dit deur Kai en ons vennote en lisensiehouers gebruik om ligginggebaseerde produkte en dienste te verskaf en verbeter. Jou toestel kan byvoorbeeld moontlik die geografiese ligging daarvan met toepassingsverskaffers deel wanneer jy op hul liggingsdienste inteken.

Derdepartywebwerwe en -dienste

Kai se webwerwe, produkte, toepassings en dienste kan moontlik skakels na derdepartywebwerwe, -produkte en -dienste bevat. Kai se produkte en dienste kan moontlik ook produkte of dienste van derde partye gebruik of aanbied. Inligting wat deur derde partye ingesamel word wat moontlik sulke dinge soos liggingsdata of kontakbesonderhede kan insluit, word deur hul privaatheidspraktyke gereël. Ons moedig jou aan om meer te wete te kom oor die privaatheidspraktyke van daardie derde partye.

Jou regte: Verkry toegang, wysig, blokkeer

Jy kan enige tyd toegang tot jou persoonlike inligting verkry, dit hersien en wysig deur by jou gebruikersrekening aan te meld, jou gebruikersprofiel te besoek of ons direk te kontak. Indien jy ons versoek om jou persoonlike inligting te wysig of te skrap, kan ons jou moontlik vra om getuienis van jou identiteit aan ons te verskaf voordat ons aan jou versoek voldoen.

Jy kan ook jou data laat skrap of dit blokkeer, soos toepaslik, indien jy glo jou data is onakkuraat.

Vir enige versoeke soos hierbo gedefinieer, kan jy jou versoek na die volgende e-posadres stuur: privacy@kaiostech.com

Ingevolge sekere jurisdiksies en databeskermingswetgewing kan jy moontlik die reg hê om besonderhede van jou persoonlike inligting te versoek wat ons oor jou hou, of om die korrigering of skrapping van jou persoonlike inligting te versoek.

Help ons asseblief om te verseker die persoonlike inligting wat ons oor jou hou, is akkuraat en bygewerk. Indien jy dink enige persoonlike inligting oor jou wat ons geberg het, is verkeerd of onvolledig, kontak ons asseblief by privace@keiostech.com.

Vrae oor privaatheid

Kontak ons asseblief indien jy enige vrae of kommer oor die privaatheidsbeleid of dataverwerking het, of indien jy graag ’n klagte oor ’n moontlike oortreding van plaaslike privaatheidswetgewing wil indien. Jy kan ons altyd kontak deur ’n e-pos aan privacy@kaiostech.com te stuur.

Alle kommunikasie word so gou moontlik ondersoek en antwoorde verskaf waar dit van toepassing is.  Indien jy ontevrede is met die antwoord wat jy ontvang het, kan jy jou klagte na die relevante reguleerder in jou jurisdiksie verwys. Indien jy ons vra, sal ons inligting aan jou verskaf oor relevante maniere om klagtes in te dien wat moontlik op jou omstandighede van toepassing kan wees.