Die volgende Eindgebruikerlisensie-ooreenkoms (“ELO”) omvat ’n ooreenkoms tussen KAI OS TECHNOLOGIES (HONG KONG) LIMITED, insluitend sy affiliate (“ons” of “KAI”) en jou, en reël jou gebruik van sagteware en dienste.  Lees hierdie ELO asseblief sorgvuldig. Let asseblief daarop dat jy die wettige reg moet hê om ooreenkomste soos hierdie aan te gaan om die sagteware en dienste te gebruik.

Jy stem tot hierdie ELO in deur die sagteware genaamd “KaiOS” te gebruik, waaronder bywerkings, opgraderings, enige bykomende en geïnkorporeerde komponente; enige sagteware (waaronder internetgebaseerde sagteware), toepassings, inhoud of dienste wat KAI in ooreenstemming met hierdie ELO beskikbaar stel, en alle sagtewaredokumentasie (“sagteware”).

 

Let daarop dat sekere komponente van ons sagteware via verskillende projekte as ope bron (“opebronsagteware”) beskikbaar is. Hoewel die sagteware aan hierdie ELO onderhewig is, is opebronsagteware onderhewig aan sy eie bepalings, en onderhewig daaraan staan dit jou vry om dit in ooreenstemming met die bepalings daarvan te gebruik.

 

Benewens opebronsagteware, kan die sagteware ander derdepartysagteware ingevolge afsonderlike lisensies insluit (waarna, tesame met opebronsagteware, verwys word as “derdepartysagteware”). Hierdie derdepartysagteware kan aan verskillende lisensiebepalings onderhewig wees wat jy moet aanvaar om dit te kan gebruik.

 

Deur hierdie ELO te aanvaar of die sagteware en/of dienste te gebruik, stem jy in tot al hierdie bepalings en verleen jy soos in Afdeling 2 toestemming tot die oordrag van sekere inligting tydens aktivering en tydens jou gebruik.

  1. OMVANG VAN LISENSIE

Die sagteware en enige inhoud waartoe met die sagteware toegang verkry word, is gelisensieer en nie verkoop nie.  Met inagneming van jou voldoening, verleen hierdie ELO jou die regte om slegs een instansie van die sagteware op jou toestel te laat loop waarin hierdie sagteware vooraf geïnstalleer is. Jy mag nie die sagteware versprei of dit oor ’n netwerk beskikbaar stel waarop dit terselfdertyd deur veelvuldige toestelle gebruik kan word nie. KAI, sy verskaffers en gelisensieerdes behou alle ander regte voor. Tensy dit andersins deur toepaslike wetgewing of derdeparty-lisensiëringsbepalings gestipuleer word, mag jy die sagteware slegs gebruik soos uitdruklik deur hierdie ELO toegelaat word. Terwyl jy dit doen, moet jy voldoen aan enige tegniese beperkings in die sagteware wat jou toelaat om dit slegs op sekere maniere te gebruik. Jy mag nie:

  • die sagteware dupliseer, versprei of wysig, of die sagteware publiseer nie;
  • enige bekragtigingskontrole of tegniese beperkings in die sagteware omseil nie;
  • die sagteware vir enige onwettige, bedrog- of ongemagtigde doeleindes gebruik nie;
  • enige wurms of virusse, of enige kode van vernietigende aard oordra nie;
  • vals of misleidende inligting aan ons verskaf nie;
  • enige persoonlike data of persoonlik identifiseerbare inligting van enige derde partye teenstrydig met enige databeskermings- of privaatheidswetgewing insamel nie;
  • die sagteware omgekeerd ontwerp, afbreek of uitmekaarhaal nie, behalwe en slegs in die mate waarin toepaslike wetgewing dit uitdruklik toelaat, ongeag hierdie beperking, of
  • die sagteware of hierdie ELO aan enige derde party oordra nie, tensy dit saam met die toestel gedoen word wat die sagteware bevat.

Indien ons volgens ons redelike diskresie van mening is dat jy enige wetgewing, die bepalings van die lisensie of hierdie ELO oortree, behou ons die reg voor om jou toegang tot die sagteware en dienste op te skort, benewens enige ander stappe wat beskikbaar is.

  1. PRIVAATHEID; TOESTEMMING TOT GEBRUIK VAN DATA

Sommige van die sagteware en dienste kan moontlik inligting stuur of ontvang wanneer dit geaktiveer of gebruik word. Deur hierdie ELO te aanvaar en die sagteware en/of dienste te gebruik stem jy daartoe in dat ons die inligting mag insamel, gebruik en bekend maak soos in KaiOS se privaatheidsbeleid beskryf word.

  1. UITVOERBEPERKINGS

Die sagteware kan moontlik onderhewig wees aan die uitvoerwetgewing en -regulasies van die Verenigde State van Amerika of ander lande, wat moontlik die uitvoer, heruitvoer of oordrag van die sagteware kan beperk of verbied.  Jy moet aan alle toepaslike wetgewing en regulasies oor uitvoer en heruitvoer voldoen. Kontak asseblief ons klantediens vir bykomende inligting of navrae.

  1. HELE OOREENKOMS

Hierdie ELO, die KaiOS-privaatheidsbeleid en die bepalings wat enige sagtewarebywerkings, -opgraderings en dienste vergesel wat jy gebruik, is die hele ooreenkoms vir die sagteware.

Omdat ons deurlopend ons sagteware ontwikkel, moet ons die reg voorbehou om enige tyd en na eie goeddunke die bepalings van hierdie ELO te wysig. Wanneer ons dit doen, sal ons alle redelike pogings aanwend om jou in kennis te stel wat ons gedoen het.

  1. TOEPASLIKE WETGEWING

Ingeval ’n dispuut tussen jou en ons ontstaan, e-pos asseblief ons klantediens sodat ons kan probeer om dit so gou moontlik op te los.

Hierdie ELO word gereël deur Hongkongse wetgewing sonder verwysing na die beginsels oor regskonflik of regskeuse daarvan. Indien jy die sagteware in die Verenigde State van Amerika verkry het, reël die wetgewing van die deelstaat waarin jy woon alle ander eise, waaronder eise ingevolge die staat se verbruikerbeskermingswetgewing, wetgewing oor onregverdige kompetisie, en in delik.

Enige vertaling van hierdie ELO word vir plaaslike behoeftes gedoen en in die geval van ’n dispuut tussen die Engelse en enige nie-Engelse weergawe geld die Engelse weergawe van hierdie ELO, in die mate waarin dit nie deur plaaslike wetgewing in jou jurisdiksie verbied word nie.

Indien ’n hof of bevoegde jurisdiksie om enige rede bevind dat enige bepaling of gedeelte daarvan ontoepasbaar is, is die res van hierdie ELO ten volle van krag.

  1. VRYWARING VAN WAARBORG

Die sagteware en dienste is “voetstoots” gelisensieer. Jy dra die risiko vir die gebruik daarvan. KAI verleen geen uitdruklike waarborge of voorwaardes nie. Jy kan moontlik bykomende verbruikersregte hê ingevolge plaaslike wetgewing wat hierdie ELO nie kan wysig nie. In die mate waarin jou plaaslike wetgewing dit toelaat, sluit KAI die geïmpliseerde waarborg van verhandelbaarheid en geskiktheid vir spesifieke doel uit.

  1. BEPERKINGS OP EN UITSLUITING VAN REGSMIDDELE EN SKADEVERGOEDING

Jy kan vergoeding van KAI ontvang slegs vir direkte skade tot die prys wat jy vir die sagteware betaal het. In die mate waarin jou plaaslike wetgewing dit toelaat, kan jy nie vergoeding vir enige ander skade ontvang nie, waaronder gevolglike, spesiale, indirekte of toevallige skade, of vir verlore winste.

  1. Gebruik van internetgebaseerde dienste

 

KAI verskaf internetgebaseerde dienste met die sagteware (“dienste”). Die dienste kan moontlik die volgende mark- en/of ander boodskap- of kommunikasiefasiliteite bevat wat jou in staat stel om met ander te kommunikeer: e-pos, horlosie, nuusgroepe, forums, gemeenskappe, persoonlike webblaaie, kalenders, fotoalbums en wolkkabinette. Jy stem in om met goeie maniere aan toepaslike wetgewing en hierdie ELO te voldoen wanneer jy sulke dienste gebruik. Jy stem in om alle sodanige dienste slegs vir jou persoonlike, niekommersiële doeleindes te gebruik en slegs boodskappe en materiaal in te dien en te ontvang wat gepas is en met die spesifieke dienste verband hou, en slegs nadat jy enige vereiste verlof, toestemmings of lisensies bekom het wat moontlik volgens wet vereis word vir jou om sodanige materiaal te kan indien. Jy aanvaar verantwoordelikheid vir die gevolge wat verband hou met die materiaal wat jy indien. As voorbeeld, maar nie as beperking nie, stem jy in om nie die dienste te gebruik om enige onvanpaste materiaal of gemors-e-pos, of enige materiaal of inligting wat belaster, misbruik of onwettig is, of wat moontlik die dienste of die bedryf van ander se toestel/eiendom kwaad kan aandoen of beskadig of andersins die wetlike regte van ander (soos regte op privaatheid en publisiteit) kan skend te publiseer, te plaas, op te laai of te versprei nie.  Daarby stem jy in om nie enige geoutomatiseerde stelsel of manier te gebruik om toegang te verkry tot enige deel van die dienste of dit te verkry, kopieer of monitor nie.

KAI het geen verpligting om die dienste te monitor nie. KAI behou egter die reg voor om die dienste te monitor en te modereer, materiaal te hersien wat op die dienste geplaas is en na eie goeddunke enige materiaal te verwyder. KAI behou die reg voor om enige tyd en sonder kennisgewing van enige rede jou toegang tot enige of alle dienste te staak of te beperk.

KAI behou die reg voor om enige inligting bekend te maak wat na KAI se oordeel nodig is om aan enige toepaslike wetgewing, regulasie, regsgeding of staatsversoek te voldoen, of om enige inligting of materiaal, in die geheel of gedeeltelik, na KAI se eie goeddunke te blokkeer, te weier om dit te plaas of om dit te verwyder.